Elna Kruger

First post: Jun 27, 2020 Latest post: Jul 5, 2020
"Kanker"... 'n Vloekwoord,' n haatwoord, 'n vreeswoord,' n doodgaan woord... Ek het kanker...

29 Mei 2020, die dag wat my "normaal" vir ewig sou verander. Die dag wat ek gehoor het "iets lyk nie reg nie"... Die woord "moontlik" en "verdag" word die dag verskeie kere gebruik. Ek weet, ek weet dit net, een van my grootste vrese is besig om waar te word. Ek gaan die pad wat my pa moes loop ook nou loop, net heeltemal te "vroeg" in my lewe. Wanneer is ooit 'n "regte" tyd in jou lewe om te hoor jy het kanker? Nooit, nou, oor' n paar jaar, as ek oud is? Wanneer is jy oud genoeg wat dit ok sal wees om kanker te kry?

In die dae wat volg kry ek 'n biopsie, ek hoor ek het infiltrerende buis karsinoom (fancy woord vir borskanker) met' n HER2 reseptor, ek kry' n CT scan, hartsonar, leer die bors ca het versprei na 2 limfnodes (kliere) onder my regter arm, maar genadiglik nie na enige ander deel van my liggaam nie, verskeie bloedtoetse volg, die kliere onder my arm word geondersoek, en ek begin met my eerste rondte chemoterapie. Dis 'n mondvol, dis baie om in 2 weke sin van te probeer maak.

My lewe het in amper 1 maand onherroeplik verander. Gaan ek nou doodgaan van borskanker? Verseker NIE! Oor 10 jaar? NEE! Oor 20/30 jaar? Wie weet, moontlik? Ek word miskien voor dan deur' n bus getrap... Gelukkig weet ek nie, ek wil nie weet nie.

Wat ek wel verseker kan se is dat ek op die genesing pad is, en my fokus is op die wenpaal. En my hart is oop vir wat die Here my en die mense om my wil leer. Dit is waaraan ek vashou 🙏🏻❤️

CaringBridge is a nonprofit social network dedicated to helping family and friends communicate with and support loved ones during a health journey. Learn more about CaringBridge.

To interact with Elna’s website, sign in or register today.

By registering with CaringBridge, you will join over 300,000 people a day who are supporting friends and family members.

Sign In Or Register
SVG_Icons_Back_To_Top
Top